MAANDELIKSE VERGADERINGS |
Op die laaste Maandag oggend van elke maand (uitgesluit
Desember) hou ons 'n vergadering in Die Waenhuis by Jagersbosch. 'n Praatjie oor 'n interesante onderwerp word aangebied
deur 'n kundige spreker. |
Die praatjies is in Afrikaans en/of Engels en daar is gewoonlik
'n PowerPoint voorlegging. |
Sommige van die praatjies is op
vidoe of skyfies- gaan na die "Maandelikse Praatjies" blad om te besigtig. |
|
Maandag 30 Januarie 2023 om 10h00 Die Waenhuis, Jagersbosch |
WYSIES WAT ONS ONTHOU Die terapeutiese waarde van musiek
vir die ouer persoon. |
Nina du Toit |
Sang en musiek speel 'n belangrike rol in alle kulture en neem
'n natuurlike deel van ons alledaagse lewens en ervarings in.
Paul Nordoff (1909-1977), ‘n Amerikaanse komponis en
musiekterapeut, het aangetoon dat die basiese musiek-elemente,
waaronder polsslag, ritme, tempo, toonhoogte en dinamiek, by
elke persoon aangebore is. Nordoff se begrip “musical child”
verwys dan ook na die mens wat op ‘n natuurlike manier op musiek
reageer. Hierin lê die terapeutiese waarde van musiek, veral ook
vir die ouer persoon. |
n hierdie aanbieding word die rol van musiekbeluistering en
belewing vir die ouer persoon van nader bekyk. Die rol wat
musiekterapeute kan speel in hulpverlening aan ouer persone met
uitdagings, geniet ook aandag. |
|
Dr Nina du Toit het haar loopbaan as onderwyser in Pretoria
begin na sy cum laude gegradueer het in die professionele en
akademiese veld van Musiek en Spesiale Onderwys. |
Sy was een van die eerste musiek terapeute wat ‘n Meestersgraad
in Musiekterapie by die Universiteit van Pretoria in 2000
voltooi het. Sy doseer deeltyds Sang en Musiek Onderrig in twee
Musiek Departement vir ‘n aantal jare. Sy was ook in die TRUK
Opera koor en was aktief betrokke in die gemeenskap as ‘n
koorleidster, dirigent en begeleier. |
Nadat Nina ‘n PhD in Onderwys Sielkunde (Ondersteuning,
Raadgewing en Vooligting) in 2007 voltooi het, is sy aangestel
as Hoof van die nuut-gestigde Ongeskiktheids Eenheid by die
Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie in Kaapstad. Van
2008-2016 is sy aktief betrokke by die ondersteuning van
studente met ongeskikthede, sowel as vir sake ondernemings wat
mense met ongeskikthede in diens neem. |
Sy woon nasionale en internasionale konferensies by waar sy ‘n
aantal voorleggings lewer oor Ongeskiktheid en Musiekterapie
aangeleenthede in samewerking met ander Universiteite. Na sy
twee toekennings ontvang het, het sy die geleentheid om
na-doktorale navorsing te doen by die Universiteit van Antwerp
(2011) en by Ghent Universiteit (2016-2017). Vanaf 2014 is sy
redaksielid vir ‘n internasionale akkrediteerde joernaal en het
verskeie portuurbeoordeling van artikels uitgevoer. In 2018 kry
sy die toekenning van die beste Hersiener van die Jaar. Nina is
ook eksterne eksaminator vir verskeie Meesters en Doktorale
tesisse. |
Sy en haar man Herman vestig in Stilbaai in 2017; hulle het drie
kinders en ses kleinkinders. |
|
Ons Algemene Jaarvergadering word op 30 Januarie net voor die
praatjie gehou - ons sal die vergadering kort hou. Verslae sal
aan lede gestuur word voor die vergadering en lede word
aangemoedig om die verslae te bestudeer sodat ons nie tyd mors
op die vergadering deur dit te lees nie. |
Klik hier om die verslae op die Admin
blad te sien. |
|
Vergadering-reëlings |
U kan u lidmaatskap vanaf 1 Januarie 2023 hernu; die ledegelde
bly R30 per persoon vir die jaar. U kan kontant betaal by
die vergadering op 30 Januarie, of 'n EFT deposito in ons
bankrekening maak - ons bankdetails is op ons Administrasie blad
(klik hier). |
Indien u reeds ’n naamkaartjie het, moet u dit asseblief dra.
Naamkaartjies is beskikbaar by die maandelikse
vergaderings. |
Bring R5 saam vir ‘n kans om
’n bottel baie goeie wyn te wen! Die R10 Gin-loting sal weer
plaasvind soos in die verlede. Fondse word ge-oormerk vir
onderskeidelik die
Jagersbosch Fonds sowel as die jaarlikse lisensie vir die
U3A-rekenaar. |
|
WEBINARS & ZOOM PRAATJIES |
Lede van alle U3A's in Suid-Afrika kan nou aanlyn webinars en
Zoom praatjies bywoon in 'n Google vouer, U3A Suid-Afrika. Daar
is 'n seksie vir elke U3A, julle kan dié deurgaan vir
interessante onderwerpe. |
»
Klik hier
vir die U3A Suid-Afrika webinar blad. |
|
Lesings op video of skyfievertoning. |
Verskeie praatjies is beskikbaar as videos of
skyfievertonings. |
Klik hier na die Maandelikse
Lesings blad waar die vertonings oopgemaak kan word. |