Doelwitte |
Bevorder die bewusmaking en bewaring van
die voëls in ons omgewing en skep geleenthede vir mense
om hulle ondervinding en kennis met ander te deel deur
die: |
• |
Organisering van aanbiedings/praatjies/lesings. |
• |
Aanbieding van voëlidentifasiekursusse vir
beginners, sowel as meer gevorderde kursusse oor “Klein
Vaal Voëltjies” en diesulkes. |
• |
Organisering van voëluitstappies. |
• |
Ondersteuning van die Suider-Afrikaanse Voëlatlas
projek deur gestruktureerde atlaswerk in Hessequa. |
• |
Ondersteuning van die “Virtual Museum” deur die
indien van foto’s van voëls, soogdiere, reptiele,
naaldekokers en waterjuffers en nog meer. |
|
Deelname aan Voëlgroep aktiwiteite |
Nie-lede van U3A Stilbaai kan deelneem aan die
atlasprojek en kan die Voëlgroep se aanbiedings en
praatjies bywoon teen dieselfde nominale
gelde wat aan lede ook gehef word. Die kursusse en
uitstappies sal egter net vir lede wees. |