U3A Stilbaai
GRONDWET ~ CONSTITUTION

Kliek hier om Grondwet in pdf dokument oop te maak.

Die grondwet is op 18 Junie 2020 gewysig om die jaareinde van U3A Stilbaai te verander.
» Klik hier vir die resolusie wat die wysiging voorstel.
Sien Grondwet hieronder.
Click here to view Constitution in pdf document.

The constitution was amended on 18 June 2020 to change the year-end of U3A Stilbaai.
» Click here for the resolution proposing the amendment.
View Constitution below.
 

GRONDWET
UNIVERSITEIT VAN DIE DERDE ERA STILBAAI
(U3A STILBAAI)
Junie 2020
[Die Engelse grondwet is die oorspronklike en bepalende weergawe]
1. NAAM
  Die naam van die organisasie is “Universiteit van die Derde Era Stilbaai” (“University of the Third Age Stilbaai”), hierna bekend as U3A Stilbaai.
   
2. DOELWITTE
2.1 Die hoofdoel van U3A Stilbaai is om die lewenskwaliteit van ouer mense te verbeter en die behoud van intellektuele kapasiteit te bevorder deur middel van stimulerende leer- en onderrig-programme en die sosiale kontak wat daarmee gepaard gaan.
2.2 ’n Aanvullende doel is om deelname van ouer mense aan kursusse, lesings, seminare, konferensies, uitstappies en kulturele sowel as ontspannings- en fisiese aktiwiteite aan te moedig en te fasiliteer,
   
3 STATUS
3.1 U3A Stilbaai is ’n organisasie met ’n regspersoonlikheid, wat in sy eie naam kan dagvaar of gedagvaar word.
3.2 U3A Stilbaai bestaan in eie reg, apart van sy lede.
3.3 U3A Stilbaai kan eiendom en ander bates besit.
3.4 U3A Stilbaai sal bly voortbestaan as sy bestuurskomitee of lidmaatskap verander.
3.5 U3A Stilbaai is ’n organisasie sonder winsmotief wat tot die voordeel van sy lede bestaan en as sodanig verbied word om deel te neem aan enige handel of ander winsgerigte aktiwiteite, of om deel te neem aan enige besigheid, beroep of onderneming wat deur enige lid onderneem word, of om finansiële bystand aan lede te verleen, of om enige perseel of dienste of geriewe aan lede vir enige besigheid, beroep of onderneming te voorsien.
3.6 Geen lede het in hul persoonlike hoedanigheid enige reg tot eiendom, fondse of bates van U3A Stilbaai nie.
3.7 U3A Stilbaai word nie toegelaat om fondse, bates of eiendom oor te dra aan enige regspersoon anders as ’n soortgelyke organisasie nie, en voorkeur moet gegee word aan enige ander Universiteit van die Derde Era in Suid Afrika.
   
4 LIDMAATSKAP
4.1 U3A Stilbaai se lidmaatskap is oop vir alle persone wat belangstel om die doelwitte daarvan te ondersteun en wat op aansoek en betaling van die jaarlikse ledegeld as lid toegelaat word, en gevolglik tot hierdie grondwet verbind word.
4.2 Lidmaatskap kan beëindig word indien:
4.2.1 enige lid optree op ’n manier wat die goeie naam van U3A Stilbaai skend, met dien verstande dat die betrokke lid die reg sal hê om tot die Komitee te appelleer voor ’n finale besluit geneem word;
4.2.2 ledegeld of ander bedrae verskuldig aan U3A Stilbaai na 60 dae nog nie betaal is nie.
   
5 BESTUUR
5.1 Die sake van U3A Stilbaai word bestuur en beheer deur ’n Uitvoerende Komitee, hierna genoem die Komitee, wat bestaan uit ten minste vyf en nie meer nie as tien opbetaalde lede van goeie naam, wat die ampsdraers van die organisasie is. Die genoemde aantal lede sluit nie die lede in wat kragtens klousules 5.5 en/of 5.6 gekoöpteer is nie.
5.2 Die Komitee word by die Algemene Jaarvergadering van U3A Stilbaai verkies. Komiteelede moet by die Algemene Jaarvergadering benoem, gesekondeer, en aanvaar word.
5.3 Die verkose Komitee beklee hul ampte na afsluiting van die Algemene Jaarvergadering. Komiteelede dien vir een jaar, maar is by die volgende Algemene Jaarvergadering herkiesbaar.
5.4 Die ampsdraers, wat bestaan uit ’n voorsitter, onder-voorsitter, sekretaris en tesourier, sowel as bekleërs van gepaste portefeuljes, word deur die Komitee op hul eerste vergadering na die Algemene Jaarvergadering aangewys.
5.5 Die Komitee mag tot vyf gewone lede op die komitee koöpteer. Hulle sal volle stemreg hê en hul ampstermyn eindig by die volgende Algemene Jaarvergadering.
5.6 Die Komitee mag ook van tyd tot tyd persone, wat nie lede van U3A Stilbaai is nie, op grond van hul spesiale kundigheid tot die komitee koöpteer. Hulle het geen stemreg nie en hul ampstermyn eindig by die volgende Algemene Jaarvergadering, of vroeër indien die Komitee so besluit.
5.7 Komiteelede mag bedank deur nie minder nie as 21 dae skriftelike kennis aan die sekretaris te gee. Die Komitee is gemagtig om lede te koöpteer om vakatures te vul. Sulke gekoöpteerdes het volle stemreg en dien tot die volgende Algemene Jaarvergadering waar hulle beskikbaar is vir benoeming en verkiesing tot die Komitee soos in klousule 5.2 voorsien word.
5.8 Indien die Komitee dit nodig ag, kan subkomitees vir ’n vasgestelde tydperk aangestel word om take uit te voer soos deur die Komitee opgedra. Die Komitee hou toesig oor die werksaamhede en take van die subkomitees wat aan die Komitee verslag doen oor die uitvoering van hul gedelegeerde opdragte.
5.9 Daar sal elke jaar ten minste vier komiteevergaderings wees.
5.10 Die kworum vir enige komiteevergadering is 50% van die stemgeregtigde komiteelede.
5.11 Besluite by komiteevergaderings word geneem deur ’n meerderheid van stemme van teenwoordige lede. As die stemming gelykop is, sal die voorsitter ’n tweede of beslissende stem hê.
5.12 Spesiale vergaderings van die Komitee mag ter enige tyd op versoek van die voorsitter of twee lede van die Komitee gehou word. Kennisgewing van die vergadering, saam met inligting oor die sake wat bespreek moet word, moet sewe dae vooraf aan al die komiteelede gegee word. Die datum en voorgestelde agenda van sulke vergaderings sal skriftelik deur die sekretaris aan die lede uitgestuur word.
5.13 Die sekretaris hou notule van al die vergaderings van die Komitee, die Algemene Jaarvergadering en Spesiale Algemene Vergaderings. Notule van subkomiteevergaderings word deur die sameroeper van sulke vergaderings gehou en aan die sekretaris voorsien.
   
6. BEVOEGDHEDE VAN KOMITEE
  Die Komitee is gemagtig om:
6.1 jaarlikse ledegeld vas te stel en in te samel;
6.2 lidmaatskap te administreer kragtens klousule 4, asook die toekenning van erelidmaatskap na goeddunke van die Komitee;
6.3 boeke, pamflette, verslae, brosjures, joernale, films, videobande en ander toeligtingsmateriaal te publiseer;
6.4 opleidingskursusse, lesings, seminare, konferensies en uitstappies te organiseer;
6.5 saam te werk en te help met die oprigting en werksaamhede van ander plaaslike U3A’s;
6.6 onvoorwaardelike en onherroeplike ledegeld, donasies, borgskappe en bemakings van persone te ontvang wat die doelwitte van U3A Stilbaai wil bevorder. Enige fondse ontvang sal deur U3A Stilbaai behou word en volgens die diskresie van die Komitee aangewend word;
6.7 roerende en nie-roerende eiendom aan te koop, te huur, te ruil, te bekom, te verkoop of oor te beskik; sowel as om enige regte of voordele wat U3A Stilbaai nodig ag vir die bevordering van sy doelwitte, onderworpe aan enige magtiging wat deur wetgewing vereis word, na te kom;
6.8 donasies te maak aan enige goedgekeurde openbare weldaadsorganisasie of enige instelling, raad, of liggaam wat vrygestel is van inkomstebelasting kragtens artikel 10(l)(Ca)(i) van die Wet op Inkomstebelasting (Wet 58 van 1962);
6.9 persone, wat nie lede van die Komitee is nie, aan te stel, óf permanent óf op ’n vastetermynooreenkoms, soos van tyd tot tyd nodig is vir die uitvoering van die werksaamhede van U3A Stilbaai, en die voorwaardes van die aanstelling te bepaal. Sulke aanstellings moet die doelwitte van U3A Stilbaai bevorder;
6.10 enige magte en bevoegdhede wat die Komitee nodig ag om die doelwitte van U3A Stilbaai te behaal, op hulle te neem.
   
7. ALGEMENE JAARVERGADERING EN SPESIALE ALGEMENE VERGADERINGS
7.1 Die Algemene Jaarvergadering word een keer elke jaar gehou en nie later nie as 90 dae na die einde van die voorafgaande finansiële jaar. Die sekretaris moet ten minste 21 dae voor die vergadering die kennisgewing van die vergadering tesame met die voorgestelde agenda skriftelik aan alle lede stuur.
7.2 Die kworum by die Algemene Jaarvergadering en Spesiale Algemene Vergaderings is 10% van die opbetaalde lede. As geen kworum teenwoordig is nie, word die vergadering verdaag tot ’n datum nie meer as 14 dae later nie, soos deur die voorsitter bepaal, en waar die teenwoordige lede ’n kworum sal wees.
7.3 Die voorsitter van U3A Stilbaai is die voorsitter van die Algemene Jaarvergadering en Spesiale Algemene Vergaderings. As die voorsitter nie teenwoordig is nie, sal die onder-voorsitter voorsit. As albei afwesig is, sal die lede van die Komitee wat teenwoordig is uit hul geledere ’n voorsitter vir die vergadering benoem.
7.4 Die sake van die Algemene Jaarvergadering sluit in:
7.4.1 goedkeuring van die notule van die vorige Algemene Jaarvergadering;
7.4.2 lewering en goedkeuring van die voorsitter se jaarverslag;
7.4.3 lewering en goedkeuring van die vorige finansiële jaar se finansiële state;
7.4.4 verkiesing van komiteelede vir die komende jaar;
7.4.5 aanstelling van ’n ere-ouditeur;
7.4.6 oorweging van enige voorstelle om die grondwet te verander;
7.4.7 oorweging van enige ander sake soos in die agenda aangedui;
7.4.8 oorweging van enige ander sake wat deur lede by die vergadering geopper word.
7.5 ’n Spesiale Algemene Vergadering van U3A Stilbaai mag saamgeroep word deur ’n besluit van die Komitee, of op ’n versoek wat deur 10% of meer van die opbetaalde lede onderteken is en wat die doel van die vergadering aandui. Sulke vergaderings moet verkieslik tydens gereelde byeenkomste van U3A Stilbaai gehou word.
7.6 Stemming by die Algemene Jaarvergadering of Spesiale Algemene Vergaderings geskied deur die opsteek van hande, tensy anders ooreengekom, en ’n meerderheidstem is deurslaggewend.
   
8. FINANSIES
8.1 Die inkomste en bates van U3A Stilbaai sal slegs binne die bevoegdhede van U3A Stilbaai aangewend word. Geen betaling of oordrag sal aan komiteelede of lede gemaak word nie, met dien verstande dat dit nie die vergoeding van redelike en goedgekeurde uitgawes wat komiteelede of lede in die uitvoering van take vir U3A Stilbaai aangaan, verhoed nie.
8.2 ’n Bankrekening word in die naam van U3A oopgemaak, en inbetalings en onttrekkings word deur die tesourier gemaak soos deur die komitee voorgeskryf. Dieselfde toesig deur die Komitee geld ook ten opsigte van internet-bankdienste. Beleggings mag aangegaan word, op voorwaarde dat sulke beleggings slegs gemaak word by geregistreerde finansiële instellings soos in artikel 1 van die Wet op die Raad op Finansiële Dienste (Wet 97 van 1990) bepaal word.
8.3 Die finansiële jaar van U3A Stilbaai eindig op die laaste dag van Desember elke jaar.
8.4 Alle gepaste onkostes en uitgawes nodig vir die bestuur en bedryf van U3A Stilbaai sal uit sy fondse betaal word.
8.5 Die Tesourier hou rekening van alle inkomste en uitgawes en stel ’n finansiële verslag op wat na behore deur die Komitee en ere-ouditeur goedgekeur moet word. Dit word by die Algemene Jaarvergadering ter tafel gelê. Alle geldelike transaksies word deur die tesourier gemaak deur middel van goedgekeurde rekeninge in ooreenstemming met voorskrifte van die Komitee.
   
9 BATES
9.1 Enige bates van U3A Stilbaai moet vestig in trustees wat vir hierdie doel aangestel word, of waar die aanstelling van trustees ontoepaslik is, moet dit geag word gesamentlik deur al die lede van die Komitee gehou te word.
9.2 Die Komitee sal ’n bateregister opstel en onderhou wat die aard, waarde en plek van die bates aandui.
   
10 VRYWARING
10.1 Geen lid, ampsdraer of werknemer van U3A Stilbaai is aanspreeklik vir die doen of late van enige ander lid, ampsdraer of werknemer van U3A Stilbaai nie.
10.2 Geen lid, ampsdraer of werknemer van U3A Stilbaai is in sy of haar persoonlike hoedanigheid aanspreeklik vir die gevolge van doen of late hetsy van U3A Stilbaai as ‘n entiteit of van enige lid, ampsdraer of werknemer namens U3A Stilbaai nie. Opsetlike bedrog, onregmatige optrede of versuim, en growwe nalatigheid is uitgesluit van hierdie vrywaring.
   
11 WYSIGINGS VAN DIE GRONDWET
11.1 Die bepalings van hierdie grondwet mag net gewysig word met goedkeuring van ’n 66%-meerderheid van lede wat by ’n Algemene Jaarvergadering of Spesiale Algemene Vergadering van U3A Stilbaai teenwoordig is, en lede moet ten minste 14 dae vooraf kennis kry van die voorneme om die grondwet te wysig saam met die betrokke wysigings.
   
12 ONTBINDING
12.1 U3A Stilbaai mag ter enige tyd ontbind word met die goedkeuring van 66% van die lede wat by ’n Algemene Jaarvergadering of Spesiale Algemene Vergadering van U3A Stilbaai teenwoordig is. Alle lede moet ten minste 21 dae vooraf kennis ontvang waarin hulle ingelig word van die voorneme om die organisasie te ontbind, saam met die voorgestelde resolusie daaroor.
12.2 Met die ontbinding van U3A Stilbaai, en nadat alle skuld en aanspreeklikhede vereffen is, sal die oorblywende bates oorgedra word aan ’n soortgelyke goedgekeurde openbare weldaadsorganisasie of enige instelling, raad, of liggaam wat vrygestel is van inkomstebelasting kragtens artikel 10(l)(Ca)(i) van die Wet op Inkomstebelasting (Wet 58 van 1962), maar verkieslik aan enige ander Universiteit van die Derde Era in Suid Afrika.
   
Top

 CONSTITUTION
UNIVERSITY OF THE THIRD AGE STILBAAI
(U3A STILBAAI)
June 2020
[The English constitution is the original and definitive version]
1. NAME
  The name of the organisation shall be The University of the Third Age Stilbaai, herein after referred to as U3A Stilbaai.
   
2. OBJECTIVES
2.1 The main objective of U3A Stilbaai is to improve the quality of life of people of mature age and to encourage the maintenance of intellectual capacity by facilitating the sharing of skills through stimulating programmes of learning and teaching and the social contacts derived therefrom.
2.2 The ancillary objectives are to encourage and facilitate the participation of people of mature age in courses, lectures, seminars, conferences, excursions and cultural as well as recreational and physical activities.
   
3 STATUS
3.1 U3A Stilbaai is an organisation having a legal personality, capable of suing and being sued in its own name.
3.2 U3A Stilbaai shall exist in its own right, separately from its members.
3.3 U3A Stilbaai is able to own property and other assets.
3.4 U3A Stilbaai will continue to exist when its office bearers (Committee members) or membership change.
3.5 U3A Stilbaai is an organisation not for profit, but for the benefit of its members and as such excludes the carrying on by it of trading or other profit-making activities or the participation by it in any business, profession or occupation carried on by any of its members or the provision to them of financial assistance or of any premises or continuous services or facilities required by them for the purpose of any business, profession or occupation.
3.6 None of its members in their personal capacities shall have any right to or interest in the property, funds or assets of U3A Stilbaai.
3.7 U3A Stilbaai is not permitted to distribute its funds, assets or property to any person other than to a similar association of persons, giving preference to any other University of the Third Age in South Africa.
   
4. MEMBERSHIP
4.1 U3A Stilbaai is open to all persons who are interested in supporting its stated objectives and who on application and payment of the annual subscription shall be admitted to membership, and shall be bound by this Constitution.
4.2 Membership may be terminated if:
4.2.1 any member acts in a manner that is prejudicial to the good name of U3A Stilbaai or brings it into disrepute, provided that the member concerned shall have the right of appeal to the Committee before a final decision is made.
4.2.2 membership subscriptions or other amounts owed to U3A Stilbaai remain unpaid after 60 days of such amounts becoming payable.
   
5. MANAGEMENT
5.1 The affairs of U3A Stilbaai shall be managed and controlled by an Executive Committee hereinafter referred to as the Committee, consisting of at least 5 and not more than 10 paid up members of good standing, who shall be the office bearers of the organisation, which number shall exclude those members who are co-opted in terms of clause 5.5 and/or 5.6 hereof.
5.2 The election of the Committee shall be held at the Annual General Meeting of U3A Stilbaai. All nominations to the Committee shall be proposed, seconded, and agreed to at the Annual General Meeting.
5.3 The newly elected Committee shall take office at the conclusion of the Annual General Meeting. Committee members shall serve for a period of 1 year but shall be eligible for re-election at the next Annual General Meeting.
5.4 The Office bearers consisting of a chairperson, vice-chairperson, secretary and treasurer, as well as pertinent portfolio holders shall be appointed by the Committee at its first meeting following the Annual General Meeting.
5.5 The committee may co-opt not more than five ordinary members to the committee. They shall have full voting rights and their term of office shall expire at the following Annual General Meeting.
5.6 The committee may in addition from time to time co-opt persons to the committee who need not be members of U3A Stilbaai to serve because of their special expertise. They shall not have voting rights and their term of service shall expire at the following Annual General Meeting or sooner if so decided by the Committee.
5.7 Committee members may resign office by giving not less than 21 days' notice in writing to the secretary. The Committee shall have powers to co-opt replacement members to fill vacancies. Such appointees shall have full voting rights and shall serve until the next Annual General Meeting when they shall be eligible for nomination and election to the Committee as provided for in clause 5.2 hereof.
5.8 Should the committee consider it necessary, it can resolve to set up sub-committees to which it may from time to time and for such time as it determines, delegate the transaction of such matters and the performance of such acts as it thinks fit. The Committee shall exercise supervision over the proceedings and acts of such sub-committees which shall report to the Committee on actions taken under their delegated powers.
5.9 There shall be no fewer than 4 Committee meetings in each year.
5.10 The quorum for any Committee meeting shall be 50% of voting members.
5.11 At Committee meetings matters shall be decided by a simple majority of votes of Committee members present. In the case of an equality of votes the chairperson shall have a second or casting vote.
5.12 Special Committee meetings may be called at any time by the chairperson or by any two members of the Committee upon 7 days' notice given to all other Committee members outlining the matters to be discussed. The dates and proposed agendas of such meetings shall be circulated in writing to all members by the secretary.
5.13 The secretary shall record and keep minutes of all Committee meetings and all Annual and Special General meetings. Minutes of sub-committee meetings shall be kept by the convenor of such meetings and passed to the secretary for retention.
   
6. POWERS OF COMMITTEE
  The Committee is empowered to:
6.1 determine and collect annual membership subscriptions;
6.2 administer membership in terms of clause 4 hereof and further may award honorary membership as it deems fit;
6.3 publish books, pamphlets, reports, leaflets, journals, films, videotapes and instructional matter;
6.4 establish training courses and arrange lectures, seminars, conferences, excursions and courses;
6.5 assist and cooperate in the formation and operation of other local U3As;
6.6 receive unconditional non-revocable donations, sponsorships, subscriptions and legacies from persons desiring to promote the objectives of U3A Stilbaai. Any monies raised or received shall be retained by U3A Stilbaai and be used at the discretion of the Committee.
6.7 purchase, take on lease or exchange, hire and otherwise acquire and sell or dispose of movable and immovable property, and any rights and privileges which U3A Stilbaai may think necessary for the promotion of its stated objectives, subject to such consents as may be required by law;
6.8 make donations to approved public benefit organisations or any institution, board, or body which is exempt from tax in terms of section 10(l)(Ca)(i) of the Income Tax Act (Act 58 of 1962);
6.9 appoint persons who are not members of the Committee either permanently or on such fixed term agreements as may from time to time be necessary for carrying out the work of U3A Stilbaai and may fix their terms and conditions of appointment. Such appointments must not be inconsistent with the stated objectives of U3A Stilbaai;
6.10 take on such power and authorities that the committee considers it requires and do all such other things as may be necessary for the attainment of the objectives of U3A Stilbaai as stated herein.
   
7. ANNUAL AND SPECIAL GENERAL MEETINGS
7.1 The Annual General Meeting shall be held once in each year and not later than 90 days after the end of the preceding financial year. At least 21 days notice and the proposed agenda of such meetings shall be given in writing to all members by the secretary.
7.2 The quorum at Annual General and Special General Meetings shall be 10% of the paid up membership. Should no quorum be present on the date and at the time set down for any General Meeting, the meeting shall be adjourned until a date not more than 14 days later set by the chairperson when members present shall constitute a quorum.
7.3 The chairperson of U3A Stilbaai shall be the chairperson of the Annual or Special General Meetings at which he or she is present. If the Chairperson does not attend the meeting, the vice-chairperson will preside, if neither is present the members of the Committee who are present shall choose which one of them is to chair that meeting.
7.4 The business of the Annual General Meeting shall include:
7.4.1 approving the minutes of the previous Annual General Meeting;
7.4.2 receiving and approving the annual report of the chairperson;
7.4.3 receiving and approving the financial statements for the preceding financial year;
7.4.4 electing the members of the Committee for the forthcoming year;
7.4.5 appointing an honorary auditor;
7.4.6 considering any proposals to alter the Constitution;
7.4.7 considering any other business as published in the agenda;
7.4.8 any other matters raised by members at the meeting.
7.5 A Special General Meeting of U3A Stilbaai may be convened by a resolution of the Committee or upon a requisition signed by 10% or more of the paid up membership, stating the purpose of the meeting. Such meeting should coincide with a regular meeting of members.
7.6 Voting on any matter at Annual or Special General Meetings shall be by show of hands unless otherwise agreed, the majority vote to prevail.
   
8. FINANCE
8.1 The income and assets of U3A Stilbaai shall be applied solely within the powers of U3A Stilbaai. None of it shall be paid or transferred in any way to its Committee or members provided that nothing herein shall prevent the repayment of reasonable and proper out-of-pocket expenses to members or Committee members incurred in the course of the work of U3A Stilbaai.
8.2 A bank account shall be opened in the name of U3A Stilbaai, payments and withdrawals being made by the treasurer with checks and balances as instituted by the committee. Likewise, should internet banking be utilised, proper checks and balances will be instituted. Investments may be made, provided that the funds available for such investments are placed with registered financial institutions as defined in section 1 of the Financial Services Board Act (Act 97 of 1990).
8.3 The financial year of U3A Stilbaai shall end on the last day of December in each year.
8.4 All proper costs, charges and expenses incidental to the management and operation of U3A Stilbaai may be defrayed from its funds.
8.5 The Treasurer shall keep accounts of all the monies received and expended on behalf of U3A Stilbaai and shall prepare and publish such accounts, duly examined and approved by the honorary auditor and the Committee at the Annual General Meeting. All monetary transactions shall be made by the treasurer through properly authorised accounts in accordance with the directives of the Committee.
   
9 ASSETS
9.1 Any assets of U3A Stilbaai shall be vested in trustees appointed for this purpose or where the appointment of trustees is inappropriate shall be deemed to be held jointly by all members of the Committee.
9.2 The Committee shall compile and maintain an Asset Register which shall reflect the nature of the asset, the value and the location.
   
10. LIABILITY
10.1 Neither U3A Stilbaai nor the Committee nor any member of U3A Stilbaai shall incur any liability in respect of actions in good faith or in respect of liabilities incurred by or on behalf of U3A Stilbaai.
10.2 Neither U3A Stilbaai nor the Committee nor any member shall be chargeable or responsible for damage or loss caused by any thing or act done or omitted to be done by him/ her or any agent employed by him/her or by any member, provided reasonable supervision be exercised over any such agent, or by reason of any mistake or omission made in good faith by the Committee or any member or by reason of any other matter or thing other than wilful and individual fraud or wrongdoing or wrongful omission on the part of the Committee or any member who is sought to be made liable.
   
11. AMENDMENTS TO THE CONSTITUTION
11.1 The provisions of this Constitution may not be amended save on the passing of a resolution by a 66% majority of members present and voting at an Annual General Meeting or Special General Meeting of U3A Stilbaai, for which at least 14 days' notice stating the intention to propose and vote on such specified amendments shall have been given to all members.
   
12. DISSOLUTION
12.1 U3A Stilbaai may at any time be dissolved on the passing of a resolution by a 66% per cent majority of members present and voting at an Annual General Meeting or a Special General Meeting of U3A Stilbaai, for which at least 21 days' notice stating the intention to propose such a resolution shall have been given to all members.
12.2 On the dissolution of U3A Stilbaai and after the satisfaction of all debts and liabilities, the remaining assets must be distributed to a similar approved public benefit organisation or any institution, board or body which is exempt from tax in terms of Section 10(l)(Ca)(i) of the Income Tax Act (Act 58 of 1962), with preference being given to any other University of the Third Age in South Africa.
   

Top
© 2020 U3A Stilbaai