U3A Stilbaai gebruik die saal by
Jagersbosch, bekend as Die Waenhuis, vir algemene en
spesiale vergaderings. Ons betaal nie vir die gebruik
van die saal nie, en, na raadpleging met die bestuur van
Jagersbosch, het die komitee dit goed gedink om die
fasiliteite in Die Waenhuis op te gradeer. |
Ons eerste doelwit was om 'n permanente
muur projeksie skerm te skenk om die laken wat oor 'n
hout raamwerk vasgemaak is, te vervang. Die skerm is
aangekoop en is in September 2016 installeer. |
Die tweede doelwit was om Jagersbosch se
data-projektor te vervang. Hul projektor is taamlik oud
(produksie van hierdie model is in 2001 gestaak), en dit
werk nie goed met vandag se rekenaars en sagteware nie.
Met behulp van goedgunstige donasies het ons 'n hoë
definisie projektor vir Jagersbosch aangekoop. |
Opgradering van die fasiliteite in Die
Waenhuis beteken dat meer organisasies Jagersbosch kan
gebruik vir vergaderings; dit beteken meer inkomste vir
Jagersbosch. Hulle sal ook die projektor aan ander
organisasies kan uitverhuur. |
|
Die Jagersbosch Fonds |
Om hierdie doelwitte te bereik, het U3A
Stilbaai 'n Jagersbosch Fonds gestig om geld in te samel
vir hierdie aankopes. By elke algemene vergadering word
'n bottel wyn uitgeloot, en ons verwelkom ook donasies
vir die fonds. |
U3A Stilbaai het ander organisasies in
Stilbaai uitgenooi om by te dra tot die opgradering van
die fasiliteite in Die Waenhuis. |
Enige persoon of organisasie wat wil
bydra tot die fonds kan gelde in ons bankrekening
inbetaal; gebruik asseblief "Jagersbosch Fonds" as
verwysing, en e-pos ons by
info@u3astilbaai.org om betaling te bevestig. |
Ons bank details is as volg: ABSA
Bank, Sake Spaarrekening Rek Naam:
U3A Stilbaai. Rek Nommer: 932 178 2429
Bankkode: 632005 |
|
Jagersbosch Fonds Inkomste - tot 31
Desember 2022 |
Die Jagersbosch Fonds het gelde ontvang
van die volgende bronne: |
• Wyn uitloting by Maandelikse
Vergaderings: |
R 15 506-10 |
• TED Praatjies: |
R 1 231-90 |
• Onderskeie U3A
uitstappies: |
R 1 222-20 |
• U3A Kursusse: |
R 2 077-00 |
• Spesiale kollektes: |
R 850-00 |
• Donasies: |
R 26 018-00 |
Totaal ontvang: |
R 46 905-20 |
|
U3A Stilbaai bedank die onderstaande
donateurs vir hul bydraes tot die Jagersbosch Fonds
(hier gelys in volgorde van ontvangs van gelde): |
• Eric Kaplan & Rosanne Zuber. • Niel
van Wyk. • Stilbaai Voëlkykersklub. • U3A
Stilbaai. • Mike & Louise Steytler. • Chris
Pretorius. • Max Döckel. • Hessequa Vereniging vir
Argeologie. • Stilbaai Skryfkring. • Stilbaai
Belangeforum. • Dave & Sal Carter. • George
Sabbagha. • Richard & Jill Webb. • Karel &
Amanda Nel. • Flip Botha. • Allen & Rachel Wall.
• Koos & Nellie Kotzé. |
|
Fonds aankopes - tot 31 Desember 2022 |
• Projeksie skerm: |
R 2 622-00 |
• Data-projektor: |
R 6 576-83 |
• Toebehore vir projektor, ens: |
R 347-50 |
• Mikrofoon stel: |
R 1 695-00 |
• Installering van klankstelsel en projektor: |
R 5 180-00 |
• Laser wyser: |
R 469-00 |
• Kassie vir klankstelsel |
R 1 219-30 |
• Hoë stoel vir spreker: |
R 459-00 |
• Herstel Die Waenhuis se blindings: |
R 248-00 |
• Luik in plafon |
R 1 088-19 |
• Verbeterings aan ligte in Die Waenhuis: |
R 2 416-00 |
• Herstel van kabel: |
R 80-00 |
• Nuwe projektor en klank toebehore: |
R 11 000-00 |
• Kragrugsteunstelsel vir Die Waenhuis: |
R 10 000-00 |
Totaal: |
R 43 580-82 |