As u foto's wil indien vir die album, stuur hulle
asseblief aan Lawrence Barltrop.
Hy
sal die foto's keur en deurstuur om in die album geplaas
te word. |
Neem asseblief kennis dat slegs foto's deur lede van U3A
Stilbaai sal vir hierdie webtuiste aanvaar word. |
|
Foto-Albums |
Die aantal foto's ingedien het vinnig
toegeneem en ons het nou albums vir individuele
fotograwe, dié met min foto's is in een album.
Tans het ons die volgende albums (klik op naam om oop
te maak): |
• |
Album: Deon Begemann, Roy Kretzen, Kim Pitcher |
• |
Gavin & Marilyn Joyce |
• |
Margaret Smith |
• |
Josef Steyn |
• |
Richard Webb |
|
Wenke om foto's vir 'n
webtuiste voor te berei. |
Om foto's vir 'n webuiste voor te berei verskil van foto's wat gedruk
word. Hier is 'n paar wenke wat sal help om die albums
te verbeter. |
• |
Voordat u die foto's stuur, kan u die grootte
verander na minder as 1MB indien u geskikte
sagteware hiervoor het (FastStone Image Viewer is
gratis, gebruikers-vriendelik, en kan baie dinge doen om
'n foto te verbeter; laai ook die gids af en lees). Ons kan nie foto's wat te groot
is, beide fisies en in lêer-grootte, op die webtuiste
plaas nie. |
• |
Goeie foto's vir druk vereis 'n hoë
resolusie, maar vir 'n webtuiste is die standaard resolusie 72
ppi ("pixels per inch"); op 'n
normale monitor is daar geen verskil tussen 'n foto van
300 of 600 ppi en een van 72 ppi nie. Wanneer 'n program
soos Photoshop gebruik word om foto's na
'n webtuiste te stoor, word hulle outomaties op 72 ppi
gestoor. |
• |
Om die albums meer interessant te maak,
voorsien ons asseblief van 'n kort opskrif vir elke
foto - of in die lêernaam, of in u epos. |
• |
Sommige foto's mag in volgorde wees,
maar wanneer hulle van die epos gestoor word, verskyn hulle in alfabetiese en/of
numeriese volgorde volgens lêernaam. As die foto's in
volgorde vertoon moet word, gee hulle asseblief nuwe
name sodat hulle in volgorde gestoor word, of lys hulle in u
epos. |