U3A Stilbaai

U3A STILBAAI

DOELWIT

Die doel van U3A-Stilbaai is om die lewenskwaliteit van ouer mense, veral afgetredenes, te verbeter deur ʼn verwelkomende en stimulerende omgewing te skep. Ons bevorder die behoud van intellektuele kapasiteit en sosiale kontak deur leerprogramme aan te bied in ʼn gees van inklusiwiteit, wedersydse respek en menswaardigheid. Sodoende poog ons om die waardes wat ons demokratiese Suid-Afrika onderlê, te handhaaf en te bevorder.

» Kliek hier vir die agtergrond en geskiedenis van U3A.

OBJECTIVE

The objective of U3A Stilbaai is to improve the quality of life of people of mature age by fostering a welcoming and stimulating community. We encourage the maintenance of intellectual capacity by facilitating the sharing of skills and social contact in a spirit of inclusivity, mutual respect, and human dignity. In doing so, we strive to uphold and promote the values that underpin our democratic South Africa.

» Click here for the background and history of U3A.

MAANDELIKSE VERGADERINGS

Op die laaste Maandagoggend van elke maand (behalwe Desember) hou ons 'n vergadering waartydens 'n praatjie oor 'n interessante onderwerp aangebied word deur 'n kundige spreker.

Die praatjies word aangebied in die Gereformeerde Kerk se saal in Reservoirstraat, of as alternatief in Die Waenhuis by Jagersbosch. Die plek sal in die maandelikse Bulletin bekend gemaak word.

Die praatjies is in Afrikaans en/of Engels (volgens die voorkeur van die spreker) en daar is gewoonlik 'n PowerPoint-voorlegging.

» Kliek hier vir voorlopige besonderhede van die volgende praatjies. 'n Bulletin met volledige inligting word twee weke voor die vergadering per e-pos aan alle lede gestuur.

» Opsommings van al ons vorige praatjies (sommige met video of skyfies) is beskikbaar - kliek hier.

MONTHLY MEETINGS

On the last Monday of every month (excluding December) we have a meeting where a talk on an interesting subject is presented by a knowledgeable speaker.

The meeting is held in the hall of the Reformed Church in Reservoir Street, with Die Waenhuis at Jagersbosch as alternative. The venue will be announced in the monthly Bulletin.

The talks are in English and/or Afrikaans (according to the speaker's preference) and there usually is a PowerPoint presentation.

» Click here for the provisional programme for the following months. A Bulletin with more information is sent to all members approximately two weeks before each meeting.

» Summaries of all previous talks (some with slides and video) are available - click here.

GROEPE

Groepaktiwiteite word aangebied vir kleiner groepe lede met gemeenskaplike belangstellings.

» Kliek hier vir meer inligting.

GROUPS

Group activities are held for smaller groups of members with like-minded interests.

» Click here for details.

NUWE LEDE

U3A Stilbaai verwelkom nuwe lede. Ledegeld is R50 per persoon per jaar vanaf 2025. U kan aansluit deur kontant te betaal by 'n Maandelikse Vergadering (sien hierbo), of (verkieslik) per EFO na ons bankrekening (kliek hier vir besonderhede).

Huidige lede: Let asb op die verhoging (vanaf R30) - die eerste verhoging in 10 jaar!

Nuwe lede wat vanaf 1 November 2024 aansluit se lidmaatskap sal geldig wees tot die einde van 2025.

Bevestig asseblief u bankbetaling deur 'n e-pos te stuur na info@u3astilbaai.org. Dit is belangrik sodat u by ons ledelys gevoeg kan word. (Die bank se boodskap aan ons van u betaling bevat nie u e-posadres nie.) Andersinds sal u nie ons maandelikse nuusbriewe ontvang om u ingelig te hou oor U3A aktiwiteite nie. Alle e-posadresse word vertroulik hanteer.

NEW MEMBERS

U3A Stilbaai welcomes new members. Membership fees will be R50 per person per year from 2025. You may join by paying cash at a Monthly Meeting (see above), or (preferably) by EFT to our account (click here for details).

Current members: Please note the increase (from R30) - the first in 10 years!

The membership of new members joining from 1 November 2024 will extend to the end of 2025.

Please confirm your bank payment by email to info@u3astilbaai.org. This is important to enable us to add you to our mailing list. (The bank's message to us about your payment does not include your email address.) Otherwise you will not receive our monthly newsletters and you will not be kept up to date on U3A activities. All email addresses are considered confidential.

INTERESSANTE PUBLIKASIES

Oor die jare is verskeie interessante artikels oor die werk van sommige van ons groepe, sowel as individuele lede, gepubliseer.

» Kliek hier vir skakels na die artikels.

INTERESTING PUBLICATIONS

Over the years several interesting articles of work done by some of our groups, as well as individual members, were published.

» Click here for links to these articles.

U3A STILBAAI NUUSBRIEF

Vorige uitgawes van ons maandelikse nuusbrief is beskikbaar.

» Kliek hier om na die Nuusbriefblad te gaan.

U3A STILBAAI NEWSLETTER

Previous issues of our monthly newsletter are available.

» Click here to to go to the Newsletter page.

INTERESSANTE SKAKELS

Laai ʼn saamgestelde lys van interessante skakels en hulpbronne af. Die Word-dokument sal in jou rekenaar se standaard aflaai-lêer gestoor word.

INTERESTING LINKS

Download a curated list of interesting links and resources. The Word document will be saved to your computer's default download folder.

VOËLSKUILING OPGRADERING

Die U3A Stilbaai Voëlgroep se opgradering van die Roland Rudd-skuiling is afgehandel. Die Groep se volgende projek is die verbetering van die omgewing rondom die dam.

» Klik hier om meer te lees van die projek.

» Klik hier vir 'n lys van donateurs.

BIRD HIDE UPGRADE

The U3A Stilbaai Bird Group's upgrading of the Roland Rudd Bird Hide has been completed. The Group's next project is to improve the environment at the dam.

» Click here to read more about the project.

» Click here for list of donors.

JAGERSBOSCHFONDS

U3A Stilbaai het 'n Jagersboschfonds geskep om die fasiliteite vir vergaderings in Die Waenhuis te verbeter.

» Kliek hier om meer te lees oor die Fonds.

JAGERSBOSCH FUND

U3A Stilbaai has established a Jagersbosch Fund to improve the facilities for meetings in Die Waenhuis.

» Click here to read more about the Fund.

VRYWARING

Neem asseblief kennis van die volgende artikels in die Grondwet van U3A Stilbaai. Die Engelse weergawe is die amptelike; die Afrikaanse weergawe word tans hersien:

10.1 Geen lid, ampsdraer of werknemer van U3A Stilbaai is aanspreeklik vir die doen of late van enige ander lid, ampsdraer of werknemer van U3A Stilbaai nie.

10.2 Geen lid, ampsdraer of werknemer van U3A Stilbaai is in sy of haar persoonlike hoedanigheid aanspreeklik vir die gevolge van doen of late hetsy van U3A Stilbaai as ‘n entiteit of van enige lid, ampsdraer of werknemer namens U3A Stilbaai nie. Opsetlike bedrog, onregmatige optrede of versuim, en growwe nalatigheid is uitgesluit van hierdie vrywaring.

LIABILITY

Please take note of the following articles from the Constitution of U3A Stilbaai:

10.1 Neither U3A Stilbaai nor the Committee nor any member of U3A Stilbaai shall incur any liability in respect of actions in good faith or in respect of liabilities incurred by or on behalf of U3A Stilbaai.

10.2 Neither U3A Stilbaai nor the Committee nor any member shall be chargeable or responsible for damage or loss caused by any thing or act done or omitted to be done by him/ her or any agent employed by him/her or by any member, provided reasonable supervision be exercised over any such agent, or by reason of any mistake or omission made in good faith by the Committee or any member or by reason of any other matter or thing other than wilful and individual fraud or wrongdoing or wrongful omission on the part of the Committee or any member who is sought to be made liable.

Top

©2025 U3A Stilbaai