U3A Stilbaai

U3A STILBAAI VOËLGROEP ~ BIRD GROUP

DOELWIT

Bevorder die bewusmaking en bewaring van die voëls in ons omgewing en skep geleenthede vir mense om hulle ondervinding en kennis met ander te deel.

Die Voëlgroep bied die volgende aktiwiteite aan:

Byeenkomste

By ons byeenkomste is daar gewoonlik 'n aanbieding oor voëls van Hessequa of ander streke in Suider-Afrika.

Toegang vir lede van die U3A is R5, maar nie-lede is ook baie welkom en hulle toegang is R10.

Kliek hier besonderhede van beplande byeenkomste.

Voëlidentifikasie vir Beginners

Hierdie kursus word tot drie keer per jaar aangebied, en vier tot ses persone word per kursus toegelaat. Die kursus is slegs vir lede van die U3A. Die kursusgeld is R50 per persoon.

Die kursus word gewoonlik op vyf opeenvolgende Maandae aangebied van 14:00 tot 16:00 en twee praktiese sessies word tussenin ingepas. Datums word gereël met die persone wat ingeskryf is om almal te pas.

Aanbieder: Johan van Rooyen
rooyenvanjohan@gmail.com (082 808 5652)

Gevorderde Kursusse

Praatjies oor die volgende onderwerpe is aangebied tydens die Voëlgroep se byeenkomste, en sal in die toekoms as gevorderde kursusse aangebied word indien 'n behoefte daarvoor ontstaan:

• Die koesters en lewerikke van Hessequa.

• Die swaels en windswaels van Hessequa.

• Die sangers van Hessequa.

Persone wat belangstel in 'n 60-90 minute kursus kan Johan van Rooyen kontak: rooyenvanjohan@gmail.com. Die kursus is slegs vir lede van die U3A teen R5 per persoon.

Kort Uitstappies

'n Uitstappie om te help met voëlidentifikasie word gewoonlik een keer per maand gereël. Uitstappies is slegs vir lede van die U3A teen R5 per persoon.

Kontak die organiseerder van uitstappies, Helgard Holtzhausen (083 268 4111; helgard@holtzhausen.co.za), om jou naam op die lys te plaas.

Langer Uitstappies

Langer uitstappies sal van tyd tot tyd gereël word en lede sal per e-pos daarvan in kennis gestel word. Besonderhede sal ook hier geplaas word.

Voëlatlasprojek

Die Voëlgroep ondersteun die Suider-Afrikaanse Voëlatlasprojek deur Hessequa sistematies te atlas. Deelname aan hierdie projek is oop vir almal en is gratis. Kliek hier om meer oor die projek te lees.

OBJECTIVE

Promote awareness and protection of birds in our region and create opportunities for people to share their experience and knowledge with others.

The Bird Group offers the following activities:

Events

Our events usually include a presentation about birds of Hessequa or other areas in Southern Africa.

The attendance fee for members of U3A is R5; non-members are also welcome to attend, and the fee is R10.

Click here for details of upcoming events.

Bird Identification for Beginners

This course is presented up to three times per year and four to six persons are accommodated per course. The course is for members of U3A only. Course fees are R50 per person.

The course is normally presented on five consecutive Mondays from 14:00 to 16:00 and two practical sessions are fit in between. The dates are arranged with the persons attending the course to suit all.

Presenter: Johan van Rooyen
rooyenvanjohan@gmail.com (082 808 5652)

Advanced Courses

Talks on the following have been presented at meetings of the Bird Group, and will be available as advanced courses if interest is shown:

• The pipits and larks of Hessequa.

• The swallows and swifts of Hessequa.

• The warblers of Hessequa.

Persons interested in a 60-90 minute course can contact Johan van Rooyen: rooyenvanjohan@gmail.com. These courses are for members of U3A only at R5 per person.

Short Outings

An outing to assist with bird identification is normally organised once a month. Outings are for members of U3A only at R5 per person.

Contact the outings organiser Helgard Holtzhausen (083 268 4111; helgard@holtzhausen.co.za) to add your name to the list.

Longer Outings

Longer outings will be organised from time to time. Members will be notified of these activities by e-mail, and details will also be placed here.

Bird Atlas Project

The Bird Group supports the Southern African Bird Atlas Project by systematic atlasing in Hessequa. Participation in this project is open to anyone at no cost. Click here to read more about the project.

Skakel in by die Voëlgroep

As u 'n lid is van U3A en by die Voëlgroep se aktiwiteite wil inskakel, stuur 'n boodskap met u kontakbesonderhede na die groepleier, Johan van Rooyen, by
rooyenvanjohan@gmail.com.

U3A-lede betaal R5 vir deelname aan enige van die aktiwiteite. Nie-lede kan slegs byeenkomste bywoon, en betaal R10.

As u belangstel om 'n lid van U3A Stilbaai te word, kliek hier vir meer besonderhede.

WhatsAppgroep

Sluit aan by die Voëlgroep se "Stilbaai/Hessequa Birding" WhatsAppgroep deur 'n WhatsApp met jou besonderhede te stuur aan
Andre van Tonder (082 555 9448) of
Johan van Rooyen (082 808 5652)

Join the Bird Group

If you are a member of U3A and would like to join Bird Group activities, please send your contact details to the group leader, Johan van Rooyen, at
rooyenvanjohan@gmail.com.

U3A members pay R5 to participate in any of the activities. Non-members may only attend the events, and pay R10.

If you would like to join U3A Stilbaai, click here for more details.

 

WhatsApp Group

Join the Bird Group's "Stilbaai/Hessequa Birding" WhatsApp group by sending your details by WhatsApp to
Andre van Tonder (082 555 9448) or
Johan van Rooyen (082 808 5652)

Top

©2025 U3A Stilbaai