DATE DATUM |
SPEAKER SPREKER |
TITLE
AND SUBJECT OF TALK TITEL EN ONDERWERP VAN
LESING |
|
|
|
26-8-2024 |
Adèle Redelinghuys |
GEESTELIKE GESONDHEID BY OUER PERSONE
MENTAL WELLBEING OF SENIORS
|
|
|
Click here for video of talk / Kliek hier vir video
van praatjie
en / and
Kliek hier vir die PDF-lêer /
Click here for the PDF file.
|
|
|
Geestelike gesondheid verwys na emosionele, sielkundige en
sosiale welsyn. Dit beïnvloed hoe ons dink, voel en optree.
Soos mense ouer word, kan geestelike gesondheid ’n groot
rol speel in hulle algehele lewensgehalte.
Ons kyk na die faktore wat geestelike gesondheid beïnvloed,
algemene probleme wat in hierdie fase voorkom, tekens en
simptome om na op te let, asook hantering en bevordering
van geestelike gesondheid.
|
|
|
Mental health is about emotional, psychological and social
wellbeing. It affects the way we think, feel and act. As
we get older it can play an important part in general quality
of life.
We discuss the factors that affect mental health, signs and
symptoms which we should be aware of, as well as ways to
enhance mental and spiritual wellbeing.
|
29-7-2024 |
Deon Begemann |
INSEK-KAMPIOENE MET SPESIALE VERWYSING NA SUID-AFRIKAANSE SPESIES
INSECT CHAMPIONS WITH SPECIAL REFERENCE TO SOUTH AFRICAN SPECIES
|
|
|
Click here for video of talk / Kliek hier vir video
van praatjie
en / and
Kliek hier vir die PDF-lêer /
Click here for the PDF file.
|
|
|
Insekte, wat driekwart van lewende spesies verteen-woordig,
het die aarde bevolk miljoene jare voordat daar diere soos
dinosouriërs of mense was, in die tyd toe die eerste
landplante verskyn het. Weens hul groot aanwasvermoë en
klein grootte kon hulle aanpas by byna elke moontlike
habitat op aarde. Uit die mens se oogpunt doen hulle soms
dinge wat onmoontlik lyk. Die lesing beskryf die verstommende
lewe van 37 soorte insekte met uitstaande vermoëns.
|
|
|
Insects, which represent three quarters of living species, populated
the earth millions of years before there were animals like dinosaurs
or humans, at the time when the first land plants appeared. Due to
their large reproductive capacity and small size, they were able to
adapt to almost every possible habitat on earth. From a human
perspective they sometimes do things that seem impossible. The
lecture describes the astonishing lives of 37 kinds of insects with
remarkable abilities.
|
24-6-2024 |
Johan Viljoen |
THE SINKING OF THE USS INDIANAPOLIS
(Die praatjie is in Engels)
|
|
|
Click here for video of talk / Kliek hier vir video
van praatjie
en / and
Kliek hier vir die PDF-lêer /
Click here for the PDF file.
|
|
|
President Roosevelt se staatskip was ook die vlagskip
van die Amerikaanse 5de Vloot tydens die Tweede
Wêreldoorlog. Die skip is in Julie 1945 deur ’n
Japanse duikboot gekelder, met enorme lewens-verlies.
Die skip se laaste en hoogs geheime sending was om
komponente van die eerste atoom-bom wat in ’n aanval
gebruik is, na ’n basis in die Stille Oseaan te vervoer.
|
|
|
President Roosevelt’s ship of state was also the
flagship of the US 5th Fleet in World War II.
The ship fell prey to a Japanese submarine in July
1945 with enormous loss of life. Her final top-secret
mission was to carry parts of the first atomic bomb
used in combat to a US airbase in the Pacific Ocean.
|
27-5-2024 |
Marietjie Strydom |
MAATSKAPLIKE UITDAGINGS IN STILBAAI EN OMGEWING EN
INISIATIEWE OM DIT AAN TE SPREEK
SOCIAL CHALLENGES IN STILBAAI AND ENVIRONMENT AND
INITIATIVES TO ADDRESS THEM
|
|
|
Click here for video of talk / Kliek hier vir video
van praatjie
en / and
Kliek hier vir die PDF-lêer /
Click here for the PDF file.
|
|
|
Dr Strydom gee veral aandag aan die feit dat daar verskeie
instansies betrokke is by maatskaplike uitdagings in Stilbaai en
omgewing, die belang van samewerking, en wat Badisa
doen met betrekking tot kinder- en gesinsorg.
|
|
|
In her talk dr Strydom discussed the situation that
several groups are involved in social challenges in
Stilbaai, the importance of cooperation,
and in particular, Badisa’s efforts to make a difference.
|
29-4-2024 |
Keith Muller |
DIE GESKIEDENIS VAN MELKHOUTFONTEIN
THE HISTORY OF MELKHOUTFONTEIN
|
|
|
Click here for video of talk / Kliek hier vir video
van praatjie
en / and
Kliek hier vir die PDF-lêer /
Click here for the PDF file.
|
|
|
Vader Keith Muller is leraar van St. Augustine
Anglikaanse Kerk in Melkhoutfontein. Hy
vertel van die geskiedenis van Melkhoutfontein en die
totstandkoming van die Anglikaanse kerk daar. Hy praat
ook oor die oorspronklike plase en bewoners, van die lewens
van die vissers met die platboomskuite en hoe die groei van
die dorp Stilbaai en die gepaardgaande infrastruktuur die
Melkhoutfonteiners beïnvloed het.
|
|
|
Father Keith Muller is rector at St Augustine’s
Anglican Church in Melkhoutfontein. He
recounts the history of Melkhoutfonetin and the establishment
there of the Anglican church. He also speaks of the original
farms and their inhabitants, and the lives of fishermen with
their flat-bottomed boats and to what extent the growth of
Stilbaai and its infrastructure impacted the inhabitants of
Melkhoutfontein.
|
25-3-2024 |
Johan van Rooyen |
VLOEDBEHEER DEUR DAMME IN SUID-AFRIKA
– WERK DIT? Deel 1
FLOOD CONTROL THROUGH DAMS IN SOUTH AFRICA
- DOES IT WORK? Part 1
|
|
|
Kliek hier vir die video
/ Click here for the video
en / and
Kliek hier vir die PDF-lêer /
Click here for the PDF file.
|
|
|
Die aanbieding gee ’n inleiding oor vloede en die impak
wat damme op vloede het. Dit bespreek ook ’n paar damme
wat uitsluitlik vir vloedbeheer gebou is. Voorbeelde van
sommige van die baie groot vloede wat in die verlede in
Suid-Afrika voorgekom het word ook gegee.
Die beheer van vloede in die Oranje-Vaalrivierstelsel sal
op 25 November 2024 in Deel 2 van die praatjie bespreek word.
|
|
|
The presentation is an introduction to floods and
the impact that dams have on floods. It also discusses
a number of dams that were built mainly for flood control
purposes. Examples of some of the very large floods that
occurred in South Africa in the past are also given.
The control of floods in the Orange-Vaal River system will
be discussed in Part 2 of the talk on 25 November 2024.
|
26-2-2024 |
Willem Doman |
MUNICIPALITIES: JEWELS OR ROTTEN APPLES?
MUNISIPALITEITE: JUWELE OF VROT APPELS?
|
|
|
Kliek hier vir die video
/ Click here for the video
en / and
Kliek hier vir die PDF-lêer /
Click here for the PDF file.
|
|
|
By looking at the legal framework for municipalities,
some of the following somewhat unusual questions receive
attention: What characteristics should a good municipality
have? What can Executive Mayors do that ordinary mayors cannot?
Property valuations: A shot in the dark? Isn’t property tax really
just a rich man’s tax? What do District Municipalities have to do
with us? Is a good GOP and ROR important? Is a PR of value?
Why is section 139 of the Constitution no longer invoked against
underperforming municipalities?
|
|
|
Deur na die wetlike raamwerk vir munisipaliteite te kyk,
gaan o.a. die volgende ietwat ongewone vrae aandag kry:
Watter kenmerke het ʼn goeie munisipaliteit? Wat kan Uitvoerende
Burgemeesters doen wat gewone burgemeesters nie kan nie? Eiendomswaardasies:
ʼn Skoot in die donker? Is eiendomsbelasting nie eintlik maar net
rykmansbelasting nie? Wat het Distriks-munisipaliteite met ons te doen?
Is ʼn goeie GOP en R.O.R belangrik? Is ʼn PR van waarde? Waarom word artikel
139 van die Grondwet nie meer teen wanpresterende munisipaliteite ingespan nie? |
29-1-2024 |
Tielman Roos |
ADVENTURE OF A LIFETIME TO ANTARCTICA ON A 111-YEAR-OLD “TALLSHIP”
AVONTUUR VAN ‘N LEEFTYD NA ANTARKTIKA OP ‘N 111 JAAR OUE SEILSKIP
|
|
|
Kliek hier vir die video
/ Click here for the video
en / and
Kliek hier vir die PDF-lêer /
Click here for the PDF file.
|
|
|
Tielman Roos shares the unforgettable experience as
trainee-crew member on the 42 day adventure to Antarctica
on board the Europa; the unspoilt beauty and wildlife of
South Georgia island; the Southern Ocean with its icebergs,
marine life and treacherous drift ice; the extreme weather
conditions and challenges of the Antarctic Continent and
last, but not least, the return journey via the notorious
Drake Passage, Cape Horn and Beagle Sea Strait to Ushuaia,
the southernmost town in the world. |
|
|
Tielman Roos vertel aan die hand van foto’s en video-grepe
van hierdie avontuur van 42 dae na die Antarktika aan boord
van die Europa; in besonder die ongerepte natuurskoon en
dierelewe van Suid-Georgia eiland; die Suidsee met sy ysberge,
seelewe en verraderlike dryf-ys; die uiterste weerstoestande en
uitdagings van die Antarktika kontinent, en laaste, maar nie die
minste nie, die vaart terug noordwaarts via die berugte
Drake-deurgang en Kaap Hoorn na Ushuaia, die mees suidelike
dorp ter wêreld. |